Kaapstad stel meer grond beskikbaar vir bekostigbare behuising

Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, het aanbeveel dat die raad grond in die omgewing van Blue Downs beskikbaar stel vir ‘n gemengde gebruik-, geïntegreerde en bekostigbare behuisingsontwikkeling. Dit is om ontwikkelingsgeleenthede te ontsluit en betekenisvolle ekonomiese groei te bevorder. Vos sê die planne vir die terrein sluit maatskaplike, ontspannings-, diens-, asook kleinhandel- en handelsgebruike in, wat noodsaaklik is vir gesonde, geslaagde woonbuurte.