Wes-Kaap stel dagga-raamwerk bekend

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, het die departement se Dagga-raamwerk en -inwerkingstellingsplan bekend gestel. Hierdie plan verskaf riglyne vir die vestiging van dagga of medisinale dagga en hennep in die provinsie. Meyer sê die CanPlan, wat in ooreenstemming is met die sleutel-doelwitte van die Nasionale Dagga-meesterplan, behoort by te dra tot ekonomiese ontwikkeling, werkskepping, landelike ontwikkeling en armoedeverligting.