Kuberveiligheidstrategie kom vir Namibië

Die Namibiese inligtingsministerie gaan môre die Nasionale Kuberveiligheid-strategie van stapel stuur en daarmee saam ‘n bewusmakingsveldtog. Die strategie is verlede jaar deur die kabinet goedgekeur nadat Namibië toenemend kuber-aanvalle ervaar. Volgens die adjunkminister Emma Theofilus moet tegnologie-platforms teen kubermisdaad beskerm word wat ‘n negatiewe impak op ontwikkeling het. Kosmos 94.1 Nuus het met die skakelbeampte van die ministerie Shoki Kandjimi gepraat…