Talle gered ná brand op veerboot by Filippyne

Minstens 28 mense is dood en 230 is gered na ‘n brand op ‘n passasiers-veerboot in die Filippyne. Die brand het oornag in van die veerboot se kajuite uitgebreek, terwyl die meeste passasiers geslaap het. Die slagoffers sluit minstens drie kinders in, onder wie een ‘n ses maande oue baba was. Amptenare het vroeër gesê dit is onduidelik hoeveel mense nog vermis word, aangesien daar slegs 205 passasiers op die veerboot se register aangeteken is. Die soek- en reddingsoperasie duur voort.