Wes-Kaap se kontrakteursraamwerk bemagtig vroue, jeug

In ‘n historiese stap het die Wes-Kaapse departement van menslike nedersettings sy kontrakteursraamwerk, wat veral vroue- en jeugkontrakteurs teiken, aangekondig. Die LUR vir menslike nedersettings, Tertuis Simmers, sê dié inisiatief is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en vra tenders van voorheen-benadeelde individue in die ingenieurs- en konstruksiebedryf om deel te neem aan ‘n raamwerk-ooreenkoms met die departement.