Stigter van WikiLeaks kan appelleer

Die stigter van WikiLeaks, Julian Assange, sal toegelaat word om te appelleer teen ‘n beslissing om hom aan Amerika uit te lewer. Washington wil hê die 50-jarige Australiër moet verhoor word ten opsigte van WikiLeaks se publikasie van 500 000 geheime militêre lêers, wat verband hou met die oorloë in Irak en Afghanistan. Die hooggeregshof in Londen het in Desember die laer hof se bevinding om hom nie na Amerika te stuur nie, omdat hy ‘n selfdood-risiko is, omgekeer.