Wes-Kaap reg vir die winter

Die Wes-Kaapse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het sy winter-gereedheidsplan te midde van die eerste winterstorm van stapel gestuur. Die LUR, Sharna Fernandez, sê haar departement werk nou saam met ander regeringsagentskappe om die uitwerking van rampsituasies op kwesbare gemeenskappe te bekamp. Haar woordvoerder, Joshua Chigome, sê strawwe wintertoestande bedreig die lewensbestaan en maatskaplike sekuriteit van inwoners in plakkerskampe en afgeleë gebiede.