Burgemeester van Rehoboth wag vir terugvoering

Uitdagings by die Rehoboth Dorpsraad verdiep met twee Swapo raadslede, Mara Beukes en Jacky Khariseb, wat hulle ondersteuning vir die Hoof Uitvoerende Beampte Simeon Kanime uitgespreek het. Binnegevegte blyk om weer kop uit te steek met die Burgemeester Rudi van Wyk wat eis Kanime moet vir verskeie ongerymdhede ondersoek word. Van Wyk sê hy het sy verslag oor al die kwessies aan die Adjunkminister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling gestuur en het tot vandag toe nog nie terugvoering ontvang nie. Die twee Swapo’s beskuldig Van Wyk daarvan dat hy eenvoudig ontslae van Kanime wil raak sodat iemand anders sy pos kan kry. Rudi van Wyk verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.