Franse kwajongens vies hulle is uitgevang

Vier jong Franse toeriste wat bome by die kampeerplek van Erongo Plateau Camp beskadig het, is vies dat hulle uitgevang is. ‘n Bekende in toerismerkinge, Nruspesh Soni, het hulle nagespoor en hul identiteite op sosiale media bekend gemaak. Die kwajongens het in ‘n brief verskoning gevra, maar Soni meen die verskoning is nie werklik ‘n verskoning nie. Hy sê hulle is baie ontsteld omdat hulle ontbloot is, maar hulle moet besef dit is nie iets wat toeriste in Namibië moet doen nie. Soni het ook sowat ‘n jaar gelede een Kanadees en drie Franse toeriste ontbloot wat graffiti op die geskiedkundige Garub-treinstasie naby Aus aangebring het. Nrupesh Soni vertel aan Kosmos 94.1 Nuus.