Wes-Kaap ondersoek verslag oor kaping van polisiemag

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê hy is nou besig om ‘n verslag wat die kaping van die provinsie se polisiemag deur bendes ondersoek het, te bestudeer. Die verslag is saamgestel deur die Wes-Kaapse polisiewaghond, en is deur Winde aangevra nadat ‘n hof-uitspraak in Oktober vanjaar daarop gewys het dat daar moontlike samewerking is tussen korrupte polisielede en lede van veral die 28’s bende. Kosmos 94.1 Nuus se korresondent in Kaapstad, Fritz Platt…