Servikale kanker is voorkombaar

Servikale kanker is voorkombaar en behandelbaar, maar bly een van die mees algemene kankers by vroue wêreldwyd, en die tweede mees algemene tipe kanker onder Namibiese vroue. Dit is ook die derde mees algemene kanker by vroue tussen die ouderdomme van 15 en 44. Die direkteur in die Namibiese gesondheidsminsiterie, Ben Nanbombe sê servikale, bors- en prostaatkanker is onder die top vyf-kankers wat verantwoordelik is vir byna 70 persent van alle sterftes wêreldwyd met ‘n toename van 67 persent in Afrika suid van die Sahara tussen 1990 en 2017. Hy sê Namibië ondersteun die Nasionale Strategie vir die Voorkoming van Servikale Kanker.