Basketbalster op pad terug VSA toe na uitruiling met Russiese wapenhandelaar

Die Amerikaanse basketbalster Brittney Griner is vrygelaat in ‘n gevangene-uitruiling met Rusland en is tans op ‘n vliegtuig op pad terug na die Verenigde State, het President Joe Biden vandag gesê. Die Russiese ministerie van buitelandse sake sê hy het die 32-jarige Griner verruil vir die Russiese burger Viktor Bout, ‘n voormalige wapenhandelaar. Die uitruiling het by die Abu Dhabi-lughawe in die Verenigde Arabiese Emirate plaasgevind. Griner, ‘n ster van die Vroue Nasionale Basketbal-vereninging se Phoenix Mercury, is op 17 Februarie gearresteer. Gesprekke om haar vrylating te verseker is bemoeilik deur Rusland se inval in die Oekraïne op 24 Februarie en die daaropvolgende diep versuurde bande tussen Washington en Moskou.