Wes-Kaap-leerders kan uitslag van aansoeke kry

Byna 150 000 geregistreerde gebruikers op die Wes-Kaapse onderwysdepartement se toelatingswebtuiste het gretig gewag om toegang te kry tot die uitslag van leerders se aansoeke vir die 2022-skooljaar. ‘n Woordvoerder, Bronagh Hammond, sê die wag is oor en die uitslag van meer as 400 000 aansoeke kan nou deur ouers en leerders besigtig word.