ReconAfrica, Myneministerie ontken beweringe

Beide ReconAfrica en die Namibiese ministerie van myne en energie, ontken alle beweringe wat in die gesaghebbende omgewingstydskrif National Geographic gepubliseer is. Albei het in ‘n mediaverklaring beklemtoon dat die Kanadese olie- en gasmaatskappy alle wette gehoorsaam en die beste praktyke toepas in alle gebiede waar hulle werk. Die spruit uit ‘n hokaairoeper wat ‘n verslag aan die Amerikaanse waghondliggaam Securities en Exchange Commission voorgelê het. Daarin word beweer dat ReconAfrica beleggers oor sy eksplorasiewerk in die Kavango mislei het.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *