Afrika-dag moet ons herinner om volhoubare oplossings te vind

President Cyril Ramaphosa sê die Covid-19-pandemie het mense in Afrika wat reeds ly onder die gevolge van konflik, onderontwikkeling en armoede, meer kwesbaar gemaak. Hy skryf in sy weeklikse nuusbrief oor Afrika-dag wat môre herdenk word dat pogings verskerp moet word om ‘n volhoubare, blywende maatskaplike en ekonomiese herstel vir die vasteland te bereik. Ramaphosa sê Afrika-leiers erken die sentrale noodsaaklikheid vir goeie landsbestuur, openbare skuldbestuur, finansiële integriteit en die skepping van ‘n gunstiger klimaat vir die privaat sektor om in hulle ekonomieë te belê.