Wes-Kaap het toename van 51% in twee weke in Covid-gevalle

Die Wes-Kaap het oor die afgelope twee weke ‘n toename van 51 persent in sy Covid-gevalle aangeteken. Meer as 1 800 mense ontvang tans daar behandeling vir Covid-verwante komplikasies. Meer as 730 pasiënte word in openbare gesondheidsorggeriewe behandel terwyl meer as 1 100 mense in private hospitale en klinieke opgeneem is. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *