Organsiasie vra ingryping in Eswathini se ‘barbaarse optrede’

NotInMyName Internasionaal het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om onmiddellik in te gryp deur die barbaarse optrede van Eswatini se bewind teen sy eie mense te veroordeel. Die buurland se ambassade moet ook onmiddellik gesluit word. Die organisasie se sekretaris-generaal, Themba Masango, sê deursigtigheid en goeie bestuur word beklemtoon deur die publiek en die burgerlike samelewing se fundamentele reg om kommentaar op wette en regulasies te lewer rakende die verspreiding van staatsfondse en inkomste.