Gift of the Givers help vloedslagoffers van Wes-Kaap

Spanne van Gift of the Givers is na verskeie vloedgeteisterde gebiede in die Wes-Kaap gestuur. Dit volg na vyf dae van aanhoudende reënval wat chaos in die provinsie veroorsaak het. Bykans 5 550 huishoudings op 25 plekke is geraak deur die reënweer. Die stigter, Imtiaz Sooliman, sê die spanne het warm maaltye, komberse en Covid-pakkies aan die gesinne uitgedeel.