Wes-Kaap gereed vir somer-toerismeseisoen

Die DA in die Wes-Kaap gaan die nasionale departement van binnelandse sake en die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika nooi om die provinsiale staande komitee oor ekonomiese geleenthede en toerisme op datum te bring oor hul gereedheid vir die somer-toerismeseisoen. Die DA-lid, Cayla Murray, sê volgens die Provinsiale Ekonomiese Oorsig en Vooruitsig was die provinsie se gemiddelde internasionale oornag-toeriste-aankomste in die eerste vyf maande van vanjaar reeds 53,8 persent van die aankomste in 2019.