Namibiese rolprent wen twee toekennings

Die Namibiese rolprent ‘Hairareb’ het nog twee toekennings huis toe gebring – vir beste rolprent in Suider-Afrika en beste regisseur. Hairareb is in vyf kategorieë genomineer by die negende Sotambe Internasionale Film- en Kunstefees, wat in Lusaka, Zambië, plaasgevind het. Die bekroonde regisseur Oshoveli Shipo deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.