Omusati-goewerneur: Ingryping is nodig in klimaatskrisis

Die goewerneur van die Omusati-streek stem saam met ‘n organisasie sonder winsbejag, 350Africa, wat sê die dringendheid van die klimaatskrisis kan nie onderbeklemtoon word nie, veral in Afrika. Klimaats-aktiviste eis klimaatsgeregtigheid en vergoeding vir nasies wat die meeste deur die krisis geraak word. Dit is genoem voor die Verenigde Nasies se klimaatsveranderingskonferensie, COP27, in November plaasvind. Die organisasie sê dit is kommerwekkend dat nasies van die Europese Unie eerder hul aandag op die vasteland se gasbehoeftes fokus as om ‘n broodnodige regverdige oorgang in Afrika te befonds. Die goewerneur van Omusati-streek, Erginus Endjala sê aan Kosmos 94.1 Nuus ingryping in klimaatsverandering is dringend nodig, veral hoe dit boere raak.