Wes-Afrika Landbouskou begin in Abuja 

Die 2022 Wes-Afrika Landbouskou begin vandag by die Abuja Handel-en-konvensiesentrum in Nigerië en sal drie dae duur. Boere en belanghebbendes in die landbousektor sal meganiese landbou in die substreek bevorder. Die voorsitter van Abuja se Kamer van Koophandel en Nywerheid, Johnson Anene, sê die geleentheid sal ook fokus op hoe om volhoubare voedselsekerheid te bereik, werkskepping vir die jeug, en die instel van ‘n landbou-netwerkprogram. Die geleentheid poog om meer as 20 000 deelnemers uit verskeie dele van Nigerië, ander Afrika-lande en die wêreld te lok.