Verskeie SA atlete onttrek aan Statebondspele

Statebondspele: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee sê hy sal die lys atlete op datum bring wat aan die geleentheid in Birmingham, Engeland, deelneem. Saskok sê verskeie atlete het aan die spele onttrek. Dit sluit in die bergfietsryer Mariska Strauss, wat positief getoets het vir Covid-19, en die 200 meter-naelloper Luxolo Adams wat weens uitputting onttrek het. Die Protea-vroue-krieketspeler Marizanne Kapp het weens persoonlike redes onttrek terwyl die paaltjiewagter Trisha Chetty tydens die toer in Engeland beseer is.