Werksverliese duur voort

Meer as 14 500 werkers is tussen 1 Januarie 2020 en 30 September 2021 afgelê weens die sukkelende ekonomie en die Covid-pandemie, volgens die jongste werkloosheidsyfers van die arbeidsministerie. Die gasvryheid- en toerismesektor is die hardste getref met 4 305 werksverliese gevolg deur die handel- en mynbousektor het gesamentlik 3 193 werksverliese gehad. Die Bank van Namibië sê daar was geringe BBP groei in die tweede kwartaal aangeteken maar, kenners meen dit sal nie help om werk te skep nie, eenvoudig omdat die regering se beleid, veral vir beleggers, werkskepping belemmer. Ongeveer ‘n derde van die land se inwoners maak staat op maatskaplike toelae met helfte van die skoolgaande kinders, net meer as 400 000, wat staatmaak op die skoolvoedingprogram om ‘n daaglikse ete te kry.