Baldwin was besig om met die wapen te oefen

Verskeie ooggetuies sê die akteur Alec Baldwin het met ‘n rekwisiet-vuurwapen geoefen toe ‘n noodlottige skoot afgegaan het op die stel van die rolprent Rust. Die vuurwapen moet nie lewendige ammunisie ingehad het nie. Volgens verklarings deur die regisseur Joel Souza en ‘n fotograaf het die voorval gebeur tydens verfilming in ‘n kamma-kerk in Nieu-Mexiko. Die kinematograaf Halyna Hutchins is dood en Souza gewond. Die plaaslike polisie ondersoek nog die voorval. Hutchins se pa, Anatoly Androsovych, glo nie Baldwin is aanspreeklik vir sy dogter se dood nie.