Amerika moet van onder af opgebou word, meen Biden

Die Amerikaanse President Joe Biden het weer beklemtoon dat sy administrasie meer ondersteuning aan beide die werkersklas en die middelklas sal bied. Op die oomblik betaal middelklas-families meer belasting as die superrykes in die VSA en dit is lank ‘n omstrede punt vir talle landsburgers. Biden sê die land moet van onder af opgebou word.