Werklose onderwysers betoog in SA by minister se kantoor

Build One South Africa se leierskap sluit vandag by honderde werklose onderwysers aan in ‘n massabetoging buite die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, se kantoor in Pretoria. Die doel is om gekwalifiseerde, maar werklose onderwysers in Suid-Afrika se lot te bespreek. Nobuntu Webster van BOSA sê die Unemployed Educators’ Movement of South Africa sal by hulle aansluit en amptelik ‘n memorandum met eise aan Motshekga oorhandig: