Nasionale Raad wil sy personeel in defensiewe bestuur oplei

Die Nasionale Raad het ‘n tender uitgesit vir kwotasies vir defensiewe bestuurskursusse vir sy personeel op Swakopmund. Die tender vra vir pryse van wat hy beskryf as BBP-defensiewe bestuurskursusse wat oor tien dae in twee groepe sal strek. Die tender moet pryse vir die voertuie insluit sowel as konferensie fasiliteite vir die teoretiese opleiding met oggend en middag tee en toebroodjies. Geen verdere besonderhede is oor die tender bekend nie maar, daar word aangeneem dat dit vir die bestuurders van raadslede aangebied sal word.