Katar: Japan wil vandag geskiedenis maak

Japan wil geskiedenis maak wanneer hulle Kroasië vandag in die uitklopronde van die Wêreldbeker in Katar die stryd aansê. Die Samurai Blue het nog nooit verder as die ronde van 16 gevorder nie en moes in 2002, 2010 en 2018 die aftog blaas. Dit is Kroasië se derde verskyning in die ronde van 16. Volgens die sportdata-maatskappy, Gracenote, staan Kroasië ‘n 58 persent kans om die wedstryd te wen terwyl Japan se kanse 42-persent is. In vandag se ander wedstryd speel die vyfmalige Brasiliaanse kampioene teen  Suid-Korea. Die Koreane het in 2010 laas die uitklopronde gehaal.