Werkloosheidsyfers dui wegbeweging van pandemie aan

‘n Ekonoom in Suid-Afrika sê die afname in die werkloosheidskoers dui op die wegbeweging van die pandemie. Statistiek SA het onthul die werkloosheidskoers in die land het tussen April en Junie tot 33,9 persent gedaal. Dit is vergeleke met ‘n koers van 34,5 persent in die Januarie tot Maart kwartaal, en dui op ‘n afname van 0,6 persent. Die ekonoom, Azar Jammine, het die vrystelling van die kwartaallikse arbeidsmag-peiling verwelkom: