Europa op sy knieë met droogte

Volgens die jongste verslag van die globale droogte-weerwag is 47 persent van Europa onder een of ander soort droogtewaarskuwing. Dit beteken die reënval was laer as gewoonlik en die grondvog is min. Op 17 persent van die vasteland toon plantegroei tekens van stres weens lae reënval. Die verslag waarsku ook dat byna al Europa se riviere in ‘n mate opgedroog het. ‘n Woordvoerder van die Europese Unie, Mariya Gabriel, sê die kombinasie van erge droogte en hittegolwe plaas ongekende spanning op watervlakke in Europa.