Tuiswinkels kan in hoofstad bly, onder voorwaardes

Stad Windhoek sê hy werk aan nuwe beleidsraamwerke wat daartoe sal lei dat die hoofstad ontwikkelings vir gemengde gebruik skep, en informele handelsruimtes sal vergroot. Die aankondiging kom nadat die stad vroeër gesê het dat tuiswinkels gesluit sal word. Talle huishoudings maak staat op die inkomste en woonbuurte regoor die hoofstad ondersteun ook die winkels. Die munisipaliteit sal ‘n nuwe grondgebruiksonering instel wat eiendomseienaars moontlik sal toelaat om ‘n inkomste uit hul residensiële eiendom te genereer onder sekere bepalings. Die munisipaliteit sê verder dat hy ook besig is om ‘n nuwe meesterplan vir informele handel op te stel wat beoog om broodnodige informele handelsruimtes in Windhoek te vergroot.