Werkloosheid styg in SA

Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika het in die eerste kwartaal vanjaar met 0,1 van ‘n persentasiepunt tot 32,6 persent toegeneem, vergeleke met die vierde kwartaal in 2020. Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het vandag die kwartaallikse Arbeidsmagopname bekend gemaak en sê ongeveer 28 000 minder mense het in hierdie kwartaal gewerk. Die opname toon dat jongmense tussen 15 tot 24 jaar en 25 tot 34 jaar oud die hoogste werkloosheidsyfers aangeteken het, teen 63,3 persent en 41,3 persent onderskeidelik.