SA olifantstropers kry 8 jaar agter tralies

Ook in die buurland verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag die vonnisse van agt jaar elk wat die Malamulele-streekshof in Limpopo opgelê het op twee burgers van Mosambiek wat skuldig bevind is aan olifantstropery. Die 31-jarige Enock Sibanda en 28-jarige Eckson Shirinda is in November 2018 deur Kruger Nasionale Park-bewaarders in hegtenis geneem. ‘n Woordvoerder, Mashudu Malabi-Dzhangi, sê hulle is skuldig bevind aan betreding, die oortreding van die Wet op Immigrasie, besit van ‘n verbode vuurwapen en ammunisie en onwettige jag van ‘n olifant.