NSX: Oplewing in mark

Altesaam 8,1 miljoen Namibiese dollar het gister op die Namibiese Aandelebeurs verhandel met Sanlam ter waarde van 2,8 miljoen Namibiese dollar en die Standard Bank-groep se waarde van 2,3 miljoen Namibiese dollar wat hande verwissel het. Daar was geen plaaslike beursverhandeling op die NSX nie. Tian Bazuin, die uitvoerende hoof van die NSX, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is ‘n effense oplewing in die mark.