Werkloosheid – niks sal verander nie

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kwartaallikse ekonomiese hersiening gepubliseer. Die instituut is nie vreeslik positief oor die Namibiese regering se vermoë om werk te skep nie. Die jongste syfers in verband met die Namibiese werksmag, is in 2018 gedoen, lank voor Covid en toe was daar net meer as 307 000 mense, uit ‘n bevolking van 2,4 miljoen mense, wat formele poste beklee het en net minder as 190 000 was in die privaatsektor. In die afgelope vyf jaar, het beleggings ook afgeneem, en die ekonomie het gekrimp. Die instituut meen dat daar geen werklike verligting sal wees in die werkloosheid syfer van net meer as 33 persent oor die algemeen en 46,1 persent vir die ouderdomsgroep van 15 tot 34.