Reaksie op uiter hoë geslagsgeweld

Geslagsgeweld het volgens die jongste misdaadstatistiek skerp toegeneem met net minder as 2 500 gevalle wat in die vyf maande tussen April en Augustus vanjaar gerapporteer is. Kenners meen die syfer kan baie hoër wees omdat ongeveer twee-derdes van alle geslagsgeweld-gevalle nie aangemeld word nie. Zack Itodo ‘n aktivis in die gebied van geslagsgeweld beaam die statistieke terwyl hy met Kosmos 94.1 Nuus praat …