Chinese regering vir ouers straf vir stout kinders

Die Chinese parlement oorweeg op die oomblik wetgewing wat ouers straf as hulle kinders swak gedrag toon, of ‘n misdaad pleeg. Van die maatreëls wat teen ouers en voogde ingestel kan word sluit verpligte kursusse in. Volgens Zang Tiewei, woordvoerder van die kommissie van regsaangeleenthede, kan swak gedrag direk gekoppel word aan swak familie opvoeding. Ouers sal ingevolge die wetgewing verplig wees om te verseker dat kinders genoeg ontspan, speel en slaap. Die regering het die afgelope tyd redelik ingegryp onder die jeug en ook die tyd wat kinders videospeletjies mag speel beperk tot ‘n uur op Vrydae, Saterdae en Sondae. Daar is ook opdrag aan skole gegee om sokker, wat as ‘n manlike sportsoort beskryf word aan te bied in ‘n poging om Chinese mans minder vroulik en meer manlik te maak.