Werkgewers is stil by minimumloon besprekings

Die Voorsitter van die minimumloon-kommissie, Marius Kudumo, sê die stemme van werkgewers en hul organisasies was nie bevredigend tydens die onlangse openbare verhore oor die nasionale minimum loon in die Zambezi en Kavango-Oos streke nie. Die kommissie hou vandag ‘n sessie in Oshakati. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Kudumo het voorts gesê dat hulle sal voortgaan om hulle uitnodiging aan werkgewers en hul organisasie te rig, want dit is belangrik om insette van alle betrokkenes te kry.