70% van werkende kinders is in landbou

Die Verenigde Nasies se Landbou-organisasie sê meer as 70 persent van werkende kinders wêreldwyd werk in die landbousektor. Op Wêrelddag teen Kinderarbeid wat die naweek herdenk is, is berig dat 112 miljoen seuns en meisies gebruik word as arbeiders in oeswerk, werk met lewende hawe, bosbou, visserye en waterboerdery. Hulle werk dikwels langs ure in gevaarlike omstandighede. Tussen 2016 en 2020 is ‘n bykomende vier-miljoen kinders by werk in die landboubedryf ingetrek.