Ondonga koning gee 100 hektaar vir akkerbou

Groentetuine en kleinskaalse tuinbou-projekte word as krities beskou vir voedselsekerheid. Dit het veral na vore gekom tydens die pandemie en die gepaardgaande inperkings. Die Ondonga koning, Fillemon Shuumba Nangolo het 100 hektaar beskikbaar gestel by Omutsegwondjamba, net oos van Omuthiya. Lede van die gemeenskap berei reeds grond voor. Ileni Nandjato, een van die koning se woordvoerders en projekleier het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.