Werkgewers betaal onwettige Covid-eise terug

Die Werkloosheidsversekeringsfonds in Suid-Afrika het bevestig 3,4 miljard Suid-Afrikaanse rand is vrywilliglik deur werkgewers terugbetaal wat voordeel getrek het uit  die Covid-19-Tydelike Werkgewer-Werknemer-Verligtingskema, bekend as TERS. Dit volg na ‘n oudit wat op die meer as 14 miljard rand gedoen is wat ingevolge TERS uitbetaal is. Die kommunikasie-direkteur van die fonds, Makhosonke Buthelezi, sê die Follow-the-Money-projek het ook onthul verskeie maatskappye het vervalste aansoeke ingedien. Buthelezi sê sommige werkgewers het salarisse vergroot terwyl ander eise ingedien het vir werknemers wat afgelê is voor Covid-19. Buthelezi sê na verwagting sal nog werknemers surplusfondse terugbetaal.