Salarisse het plaaslik ook gedaal

Plaaslike reaksie is ontvang op die jongste data van BankServAfrica wat toon dat die gemiddelde salaris in Suid-Afrika het een van sy grootste jaarlikse dalings beleef. Die daling van 6,7 persent is in Mei aangeteken toe verbruikers die eerste keer te doen gekry het met die uitwerking van kos- en brandstofpryse wat die hoogte inskiet. Die gemiddelde salaris in Mei was 14 600 Suid-Afrikaanse rand per werknemer, teenoor net meer as 15 000 rand die vorige maand. Daan Strauss, die sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie sê dieselfde tendens kom in Namibië voor.