Nigerië verloor US$1 miljard in gesteelde ru-olie

Nigerië het in die eerste kwartaal van vanjaar 1 miljard Amerikaanse dollar aan inkomste verloor weens die diefstal van ru-olie. Die land se petroleumreguleerder sê die praktyk is ‘n bedreiging vir die ekonomie. Nigerië verloor miljoene vate ru-olie per jaar as gevolg van diefstal en vandalisme, insluitend die aftap van ruolie uit pypleidings wat beklemtoon hoe swak sekuriteit groot finansiële verliese vir die land veroorsaak. Gbenga Komolafe, die hoof van die Nigeriese Upstream Petroleum Regulatory Commission, het gesê van die 141 miljoen vate olie wat in die eerste kwartaal van 2022 geproduseer is, is slegs sowat 132 miljoen vate olie by uitvoerterminale ontvang.