Werkers ontvang krummels, sê Numsa

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa sê werkers in die staal- en ingenieursektor moes die afgelope dekade met krummels klaarkom wat eensydig aan hulle uitgedeel is, anders sou hulle níks gekry het nie. Die vakbond het ‘n hersiene salarisaanbod van ses-persent deur die Federasie vir Staal en Ingenieursbedrywe van Suider-Afrika verwerp. Numsa eis egter ‘n algemene loonverhoging van agt-persent. Die vakbond se hoofsekretaris, Irvin Jim, sê hulle is gereed én bereid om oor ‘n aanvaarbare aanbod te onderhandel: