Dadelbedryf kan plaaslik uitbrei

Daar is ‘n moontlikheid dat Namibië moontlik sy dadelbedryf kan uitbrei. Die minister van handel, Lucia Ipumbu hou op die oomblik samesprekings met Al Barakah-dadels in Dubai. Ipumbu was verstom oor die verskeidenheid produkte wat van dadels vervaardig kan word en sy het beklemtoon dat plaaslike verwerking en waardetoevoeging ontwikkel moet word. Sy het met die nasionale uitsaaier, die NBC, in Dubai gepraat.