Werkers moet getoets word vir drank, dwelms – SA-kenner

Die pandemie en ekonomiese druk het gelei tot ‘n toename in alkohol- en dwelmmisbruik in Suid-Afrika, asook by die werkplek. ‘n Kundige op die gebied van alkohol- en dwelmtoetse, Rhys Evans, sê baie werkgewers is nie bewus van dwelm- en drankmisbruik deur werknemers nie. Dit kan die persoon se veiligheid, asook die veiligheid van kollegas, die publiek en die onderneming, in gevaar stel. Hy glo werknemers moet gereeld getoets word en dit moet deel vorm van ‘n streng beleidskode.