Brittanje moet Oekraïne steeds help, want die alternatief is ondenkbaar

Daar is kritiek teenoor die Britse leierskap wat die Oekraïne bly bystaan terwyl daar ‘n lewenskoste-krisis in die land woed. Die voormalige Britse minister van buitelandse sake Sir Malcolm Rifkind sê die huidige uitdagings in Engeland sal soos niks lyk nie – indien Rusland die Oekraïne verower.