Werke en vervoer werk hard om skuld van N$1,5 miljard in te vorder

Die woordvoerder van die ministerie van werke en vervoer, Julius Ngweda, sê hulle werk onverpoosd om die 1,5 miljard Namibiese dollar wat hy geskuld word, in te vorder. Die ministerie is tans in die rooi vir dié bedrag omdat hy nie betaal word vir verskeie dienste nie, wat die verhuring van eiendomme en voertuie, sowel as hul onderhoud, aan regeringskantore en regeringsagentskappe insluit.