Brandstofprys hang eintlik af van wat GRN met die heffings doen

Namibiërs hoor eers volgende week wat die brandstofprys vir September sal wees. Die ministerie van myne en energie sê hulle sal die datum die week nog vasmaak. In Suid-Afrika daal die brandstofprys. Volgens die Cirrus-ekonoom Robert McGregor, is alle aanduidings dat daar verligting kan wees, mits die regering die brandstofheffings wat hy gesny het, in plek hou.